Net verby die "Paradise Pools" het dinge weer erg vir ons skeefgeloop in digte sand. Die Ford het plat op die sand, diep ingegrawe omdat ons spoed nie reg was vir die onverwagse sand, na ‘n draai in die spinnerak padjie nie. Met ‘n harde klapgeluid het ons tot stilstand gekom met digte bolle w
Na ‘n uur se gespook was ons baie vinnig terug na waar ons vandaan gekom het, die Xakanaxa na North Gate pad, wat nie deur die droeё morasse gaan nie. Hierdie pad is die "hoofweg" tussen die twee dorpe en word redelik gereeld gebruik deur voertuie. Onse Ford is nie maats met sandgate en modderpoele nie!. Waar daar vasgesit word, is gewoonlik baie olifant mis en word daar goed gekyk terwyl daar gegrawe word, wanneer een van die ou grotes weer op die toneel verskyn.
Die bewolkte weer volg ons en ‘n mens kan sien dat dit amper reёnseisoen is in hierdie gedeelte van die land. Ons is net voor die groot reёn uit hierdie wêrelddeel en dis ook maar baie goed so.
Die afstand na North Gate is ongeveer 44 km, maar die pad is so vol kronkels, sand en watergate dat dit ons omtrent 2 – 3 ure neem om dit af te lê. Padaanwysings is ‘n baie groot probleem en ‘n mens weet ook nie altyd watter is die goeie/slegte pad nie. Die arme Garmen tannie "recalculate" soos ek in my lewe nog nooit wiskunde kon doen nie! Ons het die GPS maar naderhand stilgemaak omdat die Ford op geen aangeduide pad meer gery het nie en die vrou "begin hees raak het van al die gesels ...". Ons het maar self net op die Garmen se kaart dopgehou dat ons darem naby die duidelike paaie bly en nie moerasse toe gaan nie.
Daar is gewoonlik 2 tipes paaie in dieselfde rigting in hierdie plek. Tipe 1= Vir die ervare 4X4 fundi’s met Toyota Landcruisers en Tipe 2= vir die ou werkesels, Fordjie en Vrinne wat daarvan hou om in al wat ‘n gat is vas te val en te verseg om verder te gaan.
Die Olifante wat hier gesien word is baie groter as die Savuti Olifante en lyk baie na die Afrika Olifant in grootte en is ook baie meer aggressief. Ons is behoorlik op ons hoede om nie weer in ‘n sandgat met die Ford te beland met ‘n klomp olifante as ‘n verwelkomingskommittee nie.
Die olifante wei soms aan soetgrassies of skaapduwweltjies in die middel van die grondpad en laat jou ‘n keuse of jy tussen die voor- of agterpote wil deurry omdat die paaie nie te breed is nie.
Vlakvarke is mal oor hul modderbad in die pad se modderpoele en is duidelik nie geneё om met motors hul poele te deel nie. Skilpaaie en waterskilpaaie kom ook graag in die modderwater saam met die vlakvarkies afkoel.
Die Khwai kamp was toe gladnie ‘n goeie keuse om te oornag nie. Dis tussen padkonstruksie werkers en reg langs die North Gate hek en het geen ablusie geriewe vir kampeerders gehad nie.
Die Chobe Natuurreservaat kry aansienlik meer reёn as die Moremi Natuurreservaat. Chobe is grasgroen en die diere spekvet en baie volop.
Savuti kamp is ‘n baie gewilde kamp vir reisigers. Die ablusie blok het solar panele wat sorg vir heerlike warm stortwater en daar is kampplek te kus en te keur onder massiewe bome.
Ek het nog altyd gewens dat ek die detail in 'n leeu se pels kon afneem, net soos die professionele fotograwe dit doen en uiteindelik het ek ook 'n geleentheid gehad. Ek was verder beloon met 'n pragtige swart, pers en geel vlinder wat op een van die dames se agterstewes gesit het. Dit was 'n ekstra uitdaging om die vlinder met oop vlerkies op die leeu se bout duidelik genoeg te kon af neem en genadiglik het Sweetie geduld gehad vir al my eksperimente.
Met die teruggaanslag na die Savuti kamp het Tinus weer ‘n droё rivierloop gekies met baie olifante in! Ons het in ons maai in verdwaal in die reservaat tussen die olifante en het genadiglik die “hoofpad” ontdek waaroor ons toe al ‘n keer gery het sonder dat dit bekend wou lyk.
By die kamp aangekom het ons vuurgemaak en lekker gesit en die aand omgekuier. ‘n Weermag vriend wat Tinus in die Savuti kamp ontmoet het, het lekker vir oulaas kom gesels oor verloё dae. Frans sou ook die volgende dag vertrek na Katima Mulilo waarheen ons oppad was en sou ook al die ou bekende plekkies gaan opsoek
3G was nog steeds ontoeganklik en ek het maar besluit om solank te begin skryf aan ‘n word dokument wat ge-epos kan word as nuus nie per 3G gekommunikeer kan word nie.
No comments:
Post a Comment