Ons was onder die indruk die pad na Ngoma Hek gaan meer rybaar wees as al die paaie tot dusver en dat ons vinnig die afstand sou aflê. Hoofpad of nie, al die paaie in die Chobe reservaat is baie sanderig, baie vol watergate en werk al wat ‘n selluliet dimpeltjie is erger as die step-up masjien!
By die Ngoma Hek is ons uit Chobe na Katima Mulilo. Tinus wou so gou moontlik in hierdie dorp kom en ‘n stil verlange/nuuskierigheid het hom gedryf.
Omdat bek-en-klouseer ‘n baie groot probleem is by die grensgebiede, word alle rooivleis by inspeksie punte gekonfiskeer en voertuig passasiers moet die voertuig verlaat terwyl dit bespuit word en met hul skoene in ‘n middel gaan trap om die siekte te probeer bekamp.
In Katima Mulilo aangekom het Tinus ‘n verdwaalde/teleurgestelde uitdrukking in sy oё gehad terwyl hy gesoek het na iets wat bekend wou lyk uit die verlede van 29 jaar gelede.
Die grondpaaie het plek gemaak vir breё teerpaaie. Die ou weermaghuise is verwaarloos en verniel en gepigmenteerdes woon nou in al die huise in die dorp. Die vier offisiers menasies staan verwaarloos tussen kakiebos en grasse toegegroei en leeg. Voetgangers in univorms, fier en reggop wat te siene was in die strate van Katima Mulilo wat gestap het tussen militêre geboue, was vervang deur 'n samelewing soortgelyk aan Pretoria middestad gedurende weeksdae. Die plek was anders ...
Die dorp self is propvol bekende winkels en banke, bv Jet, Ackermans, Pep Stores, FNB, Style, Pick & Pay, Standard Ba nk, Ok, Ok Foods, ens.
Hier en daar is ‘n wit gesig wat gretig in suiwer Afrikaans kom verneem van waar ons is. As ons, RSA noem, vertel hulle met groot heimweё dat dit ook hulle land van herkoms is. Baie van hulle het sekerlik na die bosoorlog in Katima Mulilo agtergebly.
Baie “cupachinos” is te siene in Katima, wie duidelik die afstammelinge is van een wit en een swart ouer. Net hulle ken hul geskiedenis en vir ons is dit ‘n openbaring. Hoeveel wit weermag manne het nie kinders in hierdie dorp agtergelaat na die oorlog nie? Baie van hulle weet dalk nie eers van hierdie kinders nie.
Baie blankes wat in die permanente mag was en hier gestasioneer was in die weermagbasis het, omdat hulle so lank hier moes bly, na die oorlog ook hier agtergebly. By Namwi Island Camping and Selfcatering het ons so ‘n gesin ontmoet.
Ongeveer ‘n jaar gelede het hy, sy skoonseun en dogter hierdie spog vakansieplek begin ontwikkel tot die netjiese plek wat dit vandag is.
‘n Gemeenskaplike ablusieblok bedien die chalets en ge-elektrifiseerde kampeerplekke. Deel van die ablusiegebou is die "laundry" en opwasplek.
Vir ons huweliksherdenking 11 Desember, het ons onsself bederf met ‘n nag in een van die chalets (B1). Dit was heerlik gemaklik op die lyf.
No comments:
Post a Comment