Monday, December 17, 2007

8 - 9 Desember 2007: Xakanaxa Camp Site, Moremi



Om tot by Xakanaxa te ry, moes ons oor Third Bridge, gebou van hout stompe ry. Plek-plek is van die stompe gebreek en is die brug baie ongelyk en wankelmoedig oor die riviertjie wat uit die seekoeie se poel uit vloei.

Deur die Mopanie woud is duisende ompaadjies wat gemaak is wanneer dit sand of waterpoele die rybare pad onrybaar gemaak het.

Die pad neem jou verby drie baie luukse lodges in die gramadoelas wat eksklusief vir besoekers wat daar bespreek het bedoel is. Geen verbygangers is daar welkom nie. Die lodges is Camp Moremi, Xakanaxa Camp en Camp Okuti. Hoofsaaklik buitelandse toeriste word hierheen gevlieg met ligte vliegtuigies van Maun se lughawe af wat dan op die Xakanaxa lughawe in die bosse land.

Op die Xakanaxa vliegveld het ons ook dan twee Australiese dames gesien wie hiernatoe gevlieg het vir ‘n 3 ure lange kuiertjie by Camp Moremi. ‘n Lodgebeampte het die dames vervoer met ‘n oop toeriste veldvoertuig wat ‘n algemene vervoermiddel in die Moremi is.

Nadat on die publieke kampplek deurgekyk het en die ablusie geriewe besoek het (wat ook maar morsig en stinkerig was) het ons na die bote gegaan om plek te bespreek vir ‘n bootrit die volgende dag.

Die rivier/moeras grasse groei so dig dat water onsigbaar is en paaie vir die bote oopgekap nmoet word om in te vaar. Die 2 bote is vol bespreek vir die volgende dag en ‘n vaart daarop is dus taboe.

Met die uiteindelike keuse van ons kampplek gemaak, moes ons baie vinnig kampopslaan omdat ‘n reёnbui uitgesak het. Ons was lus vir vetkoek en het vinnig ‘n deegie gemeng en dit omskep in aandete met toppers “maalvleis” gereg daarby. Met die Hawkins manier van eet in die agterkop kon ek nie verder as appelkooskonfyt en vetkoekies vorder nie. Dit was hemels.

Vroegoggend is ons op het ons koffie gemaak en het ons tent opgeslaan. Die bederfie na die harde werk … ‘n heerlike warm bosstort!

Die spore van ‘n bruin hiёna was heen en weer verby ons kampplek. Gelukkig het ons lekker, sonder enige voorvalle geslaap en is ons uitgerus vir die tog na Khwai Kamp by die North Gate uitgang in die Moremi.

No comments: