Monday, December 17, 2007

6 Desember 2007: Maun, Audi Camp


Ons doen vandag vir die laaste keer besigheid in Maun voordat ons vertrek uit Maun na die Audi kamp ongeveer 7.5 km buite Maun.

Audi kamp het ‘n swembad, kroeg wat ligte etes bedien, ‘n lieflike a la carte restaurant wat ‘n groot verskeidenheid kosse bedien, ‘n curio shop (met tipiese Afrika “bollie”), ‘n BAIE LUUKSE (regtig luuks) ablusie rondawel, tenthuise, kampplek met skoon, wit Kalahari sand en elektrisiteit op aanvraag.

Die swembad was ons eerste keuse nadat kamp opgeslaan was en al ons wasgoed gewas en opgehang was in die uitmergelende son.

Die eienares, ‘n fyngeboude vroutjie by name Anne, is al die afgelope 15 jaar hier woonagtig en het die plek mooi ontwikkel. Dit blyk ‘n gewilde oorslaapplek te wees van Botswana toergroepe.

Vir oulaas voor ons die bosse aandurf het ons onsself met ‘n heerlike ete die aand by die restaurant gaan bederf. Die kelner het gelyk of hy nie mooi verstaan wat met “garlic snails” bedoel was nie en Tinus moes toe maar tevrede wees met knoffel sampioene. E
kself was baie gelukkig met die groot bruin sampioene op spinasie en tamatie en uie sous met ‘n effense byt vir ‘n voorgereg.

Die hoofmaaltyd, Tinus se Soal met aartappels en slaai en my salm en avokadopeer slaaitjie het ons albei na ons asems laat snak. Een bord kos was genoeg vir omtrent drie etes! Die kos was heerlik.

Ons tent was die aand onuithoudbaar warm gebak en die elektriese waaier wat ingepak was het handig tepas gekom gedurende die nag.

No comments: