Tiervisvang is soos geen ander tipe visvang nie. Die vis vang homself en ‘n dubbele vasslaan is nodig om deur die geweldige sterk bek te dring en die vis behoorlik te hak. Ovens het baie geduld gehad en Tinus was baie aangewese op sy goeie leiding om hom die fynere kuns aan te leer.
‘n 4 Kg tiervis het ‘n lekker gespook opgesit en op die ou ent met hoek en al weggekom. Volgens Ovens hoef ons nie bekommerd oor die vis te wees nie. Die hoek kom gewoonlik so na 4 dae uit die vis. Die vis het met ‘n sierlike boog uit die water gespring net voor die lyn gebreek het en te oordeel aan die grootte daarvan kon Ovens die grootte met ‘n geoefende oog skat. Die vangs wat weggekom het is ook op video vasgelê en Tinus kan nie ophou om daarna te kyk en daaroor te praat nie. Die gogga het behoorlik gebyt en ons kon nie wag vir die volgende vis om te byt nie.
Tinus het ‘n pragtige 2 kg tiervis uitgetrek en na die nodige foto’s geneem was, was die vis weer teruggesit in die water.
Langs die oewers is luukse lodges te siene, meeste met grasdakke en oral is die rivierbote te siene waarmee hul gaste vermaak word. Die natuur is pragtig in die sykanale van die Chobe waarin ons gevaar het. Oral is groot hoeveelhede waterlelies met ongeveer 30 cm blare en selfs groter. Krokodille is volop hier asook luislange wat in die water swem.
‘n Krokodil het in hul rigting geswem en was oppad omeen van die bulle gevang. As dit nie was vir die vinnige optrede en vaardigheid met die boot van Ovens nie, het ons nog hierdie aakligheid ook beleef van ‘n arme dier in pyn en wat verdrink word en dan verskeur word. Toe die diere veilig op land was het ons weer gefokus op tiervisvang.
Reёn het uitgesak vir die laaste uur en die visse was skielik skaam om te byt. Dit het Tinus gemotiveer om weer plek te bespreek op Ovens se boot vir Vrydag 21 Desember 2007, 08:00 – 12:00.
No comments:
Post a Comment