Tuesday, December 18, 2007

16 Desember 2007: Chobe Safari Lodge

Die dierbaarste vlakvark sog het ons kom besoek by die kamp om haar daaglikse broodjies te kom haal. Sy was grootgemaak deur mense, wie uit die dorp getrek het en haar toe in Kasane, in die dorp agtergelaat het. Die “Vlakkie” loop die hele dorp vol met haar kroos en maak ten minste ‘n paar keer per dag ‘n draai deur die Chobe Safari Lodge waar sy haar daaglikse eetdingetjie kom kry.

Ons het ‘n ete afspraak om 18:00 by die bos kroeg gehad om na te kom met ons duitse vriende waarna ons heeldag uitgesien het.

Gedurende die dag het ons dorp toe gestap, met baie teёstribbeling van Tinus se kant af wie gladnie gemaklik is met ver stap afstande nie. Maar die stappery begin positiewe resultate oplewer en dit gaan al hoe makliker en met minder klagtes.

NS: NOG FOTO'S VOLG LATER ...

No comments: