Ons het met ons tog na die Ngoma hek oppad na Kasane net rooibokke en massiewe koedoes gesien. Geen ander diere was te siene nie.
In teenstelling met die baie diep sandpaaie van die Moremi en die sand- en waterpoele paaie in die Chobe is die grond baie klipperig in hierdie gedeelte van die Chobe Natuur Reservaat. Weiding is ‘n groot probleem en die arme ou Boabab bome wat hier groei se stamme is deur die bas tot halfpad in die boomstam weggevreet deur honger wilde diere. Dis seer om dit so te sien en dis opmerklik dat my foto versameling geeneen van hierdie Boabab bome insluit nie.
By die Chobe Safari Lodge het ons ‘n heerlike kampplek kon uitsoek @ 55 per persoon per nag met elektrisiteit ingesluit. Die ablusie rondawel blok is iets om aan gewoond te raak. Die storte en toilette is in ‘n sirkel gebou met ‘n deurloop in die middel en dit is unisex. Tinus moet maar naby wees wanneer dit nodig is om die geriewe te besoek aangesien enige kleur en enige geslag hierdie geriewe besoek. Verder is dit nogal netjies en word dit baie skoon gehou.
NS: FOTO'S VOLG LATER ...
No comments:
Post a Comment