Die grenspos met sy pragtige Boabab bome het weer ons aandag getrek en ons moes stop om eers weer foto’s van hierdie reuse te neem voor ons verder gaan.
Behalwe vir die duisende rooibokke langs die pad en hier en daar ‘n mooi trop mak koedoes, het ons omtrent geen ander wild gesien nie. Ons het die ou groot reuse Chobe olifante gemis. Die beampte by die hek het gesê dat baie van die diere weer gemigreer het na ‘n ander gedeelte van die nasionale park.
By Ihaha aangekom, was ons verwelkom deur ‘n vlakvark gesinnetjie. Wie het al ooit 2 meter van ‘n wilde vlakkie af ‘n geleentheid gehad om ‘n foto van die wilde dier te neem? Die sog het al hoe nader aan ons gewei tot op hierdie afstand. Ek kon elke haartjie in haar gev
Die nag was ekstra lank en die naggeluide, waaronder seekoeie en naguiltjies getel het, was baie. Vroeg die oggend van 14 Desember het ‘n groot trop bobbejane deur ons kamp getrek en ons wakker gemaak toe hulle op die Ford gespring het om te kom loer wat bo-op die bagasierak, reg by ons kopkussings, te ete was. Die “proctor” wat saamgery was vir sulke situasies, het handig te pas gekom. Wilde diere hou gladnie van hierdie geluid nie en dit het ons nogal gepas.
Ons tent was nog baie klam toe ons opgeslaan het om te vertrek na Kasane, waar ons beplan om ‘n hele paar dae oor te bly, om rivierboot te gaan ry en tiervis te gaan vang.
No comments:
Post a Comment