Wednesday, November 28, 2007

Dag 1: Oppad na Botswana 2007

Uiteindelik is ons oppad na Botswana!

Dag een het 'n gekraakte windskerm opgelewer. Gelukkig is ons nog in SA en word die windskerm more vervang deur tegnikusse van Pretoria wat dit spesiaal in die Aventura vakansieoord vir ons kom installeer.

Ons het vir Nico Mills in Warmbad ontmoet . Dit gaan baie goed met die Mills gesin wat nou in die dorp woon. Nico werk by Pam Golding eiendomme en weet van 'n prag plaas of twee in die mooi wereld wat te koop is ...

Ons het vir 'n vale nesgeskrop toe 'n ligte bui reen uitgesak het. Voor ons behoorlik nat was het die reen ons 'n kans gegee om die finale penne in te kry en nes te skrop.

Die oord is nog glad nie vol nie en is baie netjies en grasgroen van reen wat hul hier gehad het. Die swembaddens was vandag baie bedrywig. Baie skoolgroepe het die oord besoek. Wat lekker is van die karavaan park en Aventura oord se gaste het toegang tot die swembaddens in die aand en is pragtig verlig.

Vanaand is 'n baie koue aand en agv die reen kon ons nog net 'n braaivleis vuurtjie aan die gang kry om kos te maak. Glo nie ons gaan by 'n groot vuur vanaand kan sit en kuier nie en sal maar vroeg gaan inkruip.

Ons GPS was 'n droom. Hoekom het ons nie al lankal vir alledaagse gebruik aan dit gedink nie. Selfs die geselskap van die dame wat ons die pad beduie was interessant. Ons volgende paar maande se spaargeldjies gaan maar vir Mamma se Freelander ook so 'n geselsmaaikie aanskaf. Of nee, sy verjaar mos binnekort ...

Ons sukkel 'n bietjie om foto's op die blog te kry, maar sal aanhou probeer en al die mooistes reghou vir die gelukkige dag wanneer die internet saamwerk!

Groete tot 'n volgende keer

Tinus & Pikkie

2 comments:

davids said...

Tinus /Pikkie

Ek het toe maar my account geopen - julle kan my maar op hoogte hou - ek is net ONGELOOFLIK besig - wens ek kon saamgaan!

Watter Aventura oord?

Geniet dit!!

Davids

Tinus & Pikkie said...

Hi David

Dankie dat jy 'n account geopen het, ons sien uit om jou saam met ons te neem Botswana toe.

Aventura, Warmbad. Het toe net hier oorgeslaap en het nog nie kans gesien vir die oorvol, baie besige swembaddens nie.

Tinus & Pikkie